top of page

Testimony: "Ek is nie een dag spyt ek het na PRC Recovery toe gekom nie"

Updated: Mar 9, 2023

Getuienis: MariaM

Aan die begin het ek gedink ek maak ‘n fout, dat ek spyt is ek is hier, maar almal hier het my so ondersteun, bygestaan en uit hul pad gegaan om my beter te laat voel en tuis. Die step work het my tot besef gebring dat ek ‘n addict is en altyd een sal bly. Dit maak nie saak wat hier altyd mense is wat jou bystaan. Die vergaderings, sessies en groep sessies het my ‘n nuwe uitsig van die lewe gegee en laat sie. Vandag is ek nie een dag spyt ek het na PRC Recovery toe gekom nie. Hierdie span het my ‘n beter mens gemaak. En dat ek aanvaar het ek is ‘n addict en dat ek nie hoef skaam te wees daaroor nie. Dat ek op moet staan vir myself en die wêreld in die oë moet kyk. Hierdie is ‘n wenspan en groep.


Individuele Terapie

Baie baie goed. Ek het baie op my gemak gevoel, aanvaar my soos ek is en nie eenkeer my geblameer vir wat ek gedoen het nie, maar my eerder te help. En te ondersteun in die moeilike tyd.


Groep Terapie

Baie goed, het altyd deel gevoel van groep en as een familie het ons mekaar bygestaan in groep sessies.


Stap Werk Sessies

Uitstekend, Mart weet waarvan hy praat en is baie behulpsaam en verstaan waardeur mens gaan, sowel as Onthene is ook baie oopkop en empatie met elkeen se gevoelens en situasies.


Fasiliteit

Baie prakties uitgelê. Goed onderhou en is ‘n mooi omgewing om na te kyk en te waardeer.


Etes

Baie lekker, dit is baie lekker om almal ‘n beurt te gee in die kombuis. Dit laat mens voel dat jy nog iets beteken en nie ‘n nikswerd is nie. Goed gebalanseerd.


Gemeenskap

Ek is dankbaar dat hier ‘n openminded program is dat mens kan besef dat daar God of my understanding is en dat ek nader aan my God kan beweeg. Hom weer kan vind en uitleef.


Algemeen

Oor die algemeen het ek bitter baie geleer. Dinge wat ek nie eers geweet het bestaan nie. Ander mense ontmoet, met verskillende persoonlikhede. Hier het my oë oopgegaan om weer na alles te kyk en versigtig te wees.


33 views0 comments
bottom of page