top of page

Testimony: "Verslaafde sal ek wees maar ek ‘n keuse om te gebruik of nie"

Updated: Mar 9, 2023

Getuienis: Anoniem - WB

Sjoe, waar begin ek? Dag 1 - 10 LOS MY UIT!! Ek wil huis toe gaan, julle weet nie waarvan julle praat nie. Dag 10 - 30 die plek begin vir my sin maak, maar hulle moet ophou krap waar dit nie jeuk nie. Dag 30 - 50 TRANE!! Baie trane! Wie sou kon raai? Soos kanker het ek ‘n siekte. Wie sou kon raai ek kan ontslae raak van soveel pyn. Wie sou kon raai ek is nie gemors van die wêreld. Dag 50 - 90 al wat ek nou kan sê is dankie dat ek weer ‘n kans het op ‘n lewe. ‘n Verslaafde sal ek altyd wees, maar vir eens het ek as WB ‘n keuse of ek gaan gebruik of nie. Ek kan aangaan oor die gym, die kamers, die kos en al die awesome goed wat die plek het om te offer maar ek het weer my geloof en my lewe terug.


Individuele Terapie

Ek het baie min alleen counselling gehad in die drie maande wat ek hier was. Van hulle het my iets geleer en ander het gegaan oor step werk. Ek het nogal baie geleer by een van die ouens wat saam my was.


Groep Terapie

Ek is WB en ek ken alles van drugs en wat vout is met my. Dit is hoe ek gedink het voor ek die klasse begin bywoon het. Glo my as ek sê, enige iemand wie nog op dwelms is weet niks van dwelms en niks van hoekom hul dit vat nie. Die klasse het my kans gegee om diep te gaan en ek meen diep, en wanneer jy dink dit kan nie nog dieper dan is daar ‘n ander klas wat jou laat agterkom jy is nog nie eers half pad nie. Ek het soveel geleer van wie ek is, ek as mens en hoekom ek is en was as gevolg van dwelms.


Stap Werk Sessies

Stepwork counselling was ‘n awesome ding vir my want dit het my gedwing om diep te soek vir die goed wat my seer gemaak het, goed wat ek al vergeet het en nie eers agter gekom het hoe groot van ‘n rol dit in my lewe gespeel het nie. Nie net in my verslawing nie, maar ook in my daaglikse lewe.


Fasiliteit

Ek kon nie vir ‘n beter plek gevra het nie, die uitsig is gedigte mooi. Daar is ‘n rustige gevoel wat oor mens kom en jou oë val op die groen berg wat die plek omsingel. Ek moet sê ek gaan die plek mis. Die kamers, eetkamer, TV kamer en ander wat die plek behels is niks anders as vakansie gehalte.


Etes

Met die kos moet ek sê dit is nie net lekker nie maar te veel. Dit was net so erg om gewig te verloor in die plek maar ook moeilik om dit af te hou want die kos hier is so lekker. Potjie kos, braai vleis ens. As gevolg van die gym kon ek darm 30kg verloor.


Gemeenskap

Voor ek hier ingekom het, het ek nie eers geweet daar is sulke goed soos fellowship nie. NA en AA, ek dog dit was net oorsee waar hul sulke goed het. Nou dink ek, ek sal nie sonder hulle kan skoon bly nie. Dit werk as mens dit werk.


Algemeen

Kom ek stel dit so, ek het die plek meer nodig gehad as wat hul my nodig gehad het. Ek kan aangaan oor hoe awesome alles in die plek is, maar dit beteken niks vir my. Al wat iets vir my beteken is die plek het my lewe gered.


54 views0 comments
bottom of page