TESTIMONIAL
Eers was ek spyt, gedink dis n fout, maar almal by PRC het my ondersteun, bygestaan en uit hul pad gegaan om my beter te laat voel en tuis.
MariaM
More information
Visit our website
Ek is nie een dag spyt ek het na PRC Recovery toe gekom nie.
Aan die begin het ek gedink ek maak 'n fout, dat ek spyt is ek is hier, maar almal hier het my so ondersteun, bygestaan en uit hul pad gegaan om my beter te laat voel en tuis. Die step work het my tot besef gebring dat ek 'n addict is en altyd een sal bly. Dit maak nie saak wat hier altyd mense is wat jou bystaan. Die vergaderings, sessies en groep sessies het my 'n nuwe uitsig van die lewe gegee en laat sie. Vandag is ek nie een dag spyt ek het na PRC Recovery toe gekom nie. Hierdie span het my 'n beter mens gemaak. En dat ek aanvaar het ek is 'n addict en dat ek nie hoef skaam te wees daaroor nie. Dat ek op moet staan vir myself en die wereld in die oe moet kyk. Hierdie is 'n wenspan en groep.
Individuele Terapie
Baie baie goed. Ek het baie op my gemak gevoel, aanvaar my soos ek is en nie eenkeer my geblameer vir wat ek gedoen het nie, maar my eerder te help. En te ondersteun in die moeilike tyd.
Groep Terapie
Baie goed, het altyd deel gevoel van groep en as een familie het ons mekaar bygestaan in groep sessies.
Stap Werk Sessies
Uitstekend, Mart weet waarvan hy praat en is baie behulpsaam en verstaan waardeur mens gaan, sowel as Onthene is ook baie oopkop en empatie met elkeen se gevoelens en situasies.
Fasiliteit
Baie prakties uitgel. Goed onderhou en is 'n mooi omgewing om na te kyk en te waardeer.
Etes
Baie lekker, dit is baie lekker om almal 'n beurt te gee in die kombuis. Dit laat mens voel dat jy nog iets beteken en nie 'n nikswerd is nie. Goed gebalanseerd.
Gemeenskap
Ek is dankbaar dat hier 'n openminded program is dat mens kan besef dat daar God of my understanding is en dat ek nader aan my God kan beweeg. Hom weer kan vind en uitleef.
Algemeen
Oor die algemeen het ek bitter baie geleer. Dinge wat ek nie eers geweet het bestaan nie. Ander mense ontmoet, met verskillende persoonlikhede. Hier het my oe oopgegaan om weer na alles te kyk en versigtig te wees.